
Tydens die tweede wereldoorlog beland Mentje, 'n negejarige Nederlandse meisie, saam met Jode in 'n geheime kamp. Ek is maar net hier, dink sy. Net maar nog 'n mond wat moet kos kry, nog 'n lyf wat gewas moet word, nog 'n asem in die hut. Nog 'n kind. En die here, Pappa se hemelse Vader, het saam met Pappa verdwyn. Sy veg om oorlewing tydens die slag van Arnhem en die honger Winter van 1944 tot 1945. Aan die ander kant van die wereld, in Suid-Afrika, sluit Tinus as 'n valskermsoldaat by die britse leer aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry want hy wil hulle familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red. Na die oorlog bevind Mentje haar in Suid-Afrika en midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis dra Mentje en Tinus deur moeilike tye