
"Ons moet almal begryp dat ons op verskillende stasies staan. Aanvaar dit en die lewe is eenvoudig. Die kortverhaalskrywer Hannah Loubser hunker na 'n kroeg bo in Kloofstraat waar sy jare gelede uitgehang het. Die gebou is intussen gesloop, maar toe een van haar kennisse uit daardie tyd vermoor word, laat sy haar gedagtes gaan en spekuleer oor hoe elkeen daar 'n motief gehad het vir die moord. Sy wil 'n soort intellektuele speurverhaal skryf 'oor verlore, verdwene karakters'. Die grense tussen die hede, verlede, feit en fiksie word opgehef soos wat Hannah se herinneringe en skryfwerk verweef raak met haar belewing van die werklikheid. Hannah se speurtog dek ook die soeke na Lizelle. Was sy die liefde van Hannah se lewe, en wat sou van haar geword het? Die roman word eweneens ‘n teoretiese besinning oor stories en hoe ons, soos Žižek beweer, fiksie behoef om by die self uit te kom."--Back cover.