Ingonyama en ander maats met leeueharte is ’n bundel nuwe, tematiese en geïllustreerde verhale vir gr. 4?6- Afrikaans EAT-leerders.
Die verhale skop met ’n besprekingstemavoorstel en woordelys af om woordeskat aan te leer. Pre-leesvrae bied leerders die kans om dié woordeskat tydens klasbesprekings te gebruik. Engelse vertalings van moeilike woorde vergemaklik die leesproses. Elke verhaal, wat die KABV-riglyne volg, bied ook post-lees- kontekstuele vrae en verrykingsaktiwiteite.