
Die derde uitgawe van Skryf Afrikaans van A tot Z (SAAZ3) is bygewerk volgens die elfde Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017).
Dié stylgids:
wys talle verskillende taalverwante keuses uit
wys hedendaagse woordvoorkeure en die jongste taalgebruik uit
bevat ’n belangrike nuwe afdeling oor die opstel van ’n huisstylgids
fokus op lesersvriendelikheid in Afrikaanse skryfwerk.
SAAZ3 is vir alle teksversorgers asook ander taalgebruikers wat effektief in Afrikaans wil kommunikeer.