Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 1 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat meer as 30 speletjies wat die klanke asook sig- en spelwoorde op 'n prettige wyse inoefen. Stap-vir-stap voorafriglyne word vir die onderwyser of ouer gegee.
Dié werkboek vir Graad 1 gee in besonder aandag aan die leer van die verskillende klanke, en die lees en skryf van woorde wat dié klanke bevat. Die eerste 110 hoëfrekwensie-sigwoorde word geoefen.