
"In Kinderlê kom verse oor die kwesbaarheid van kinders, swangerskapsverlies, genderkwessies, erotiek, en geestesgesondheid aan die bod. Die titel is die naam van 'n monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan 'n kinderuitwissing wat daar plaasgevind het - 'n historiese gegewe wat nie wyd bekend is nie. Julius tree dikwels in gesprek met haar literêre voorgangers en betrek die huidige sosiopolitiek. Sy verruim Afrikaans met die gebruik van Gariepafrikaans en Nama-woordeskat."--Publisher's description.