Fynbosfeetjies - Antji; Moodie Fion Krog

Fynbosfeetjies

Vendor
Penguin Randomhouse SA
Regular price
R 240.00
Sale price
R 240.00
Regular price
R 240.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Dit is omrede sy fynbos - die smalblaar-, struikagtige plantegroei van die streek - dat die suidwestelike en suid-Kaap benoem is as een van die w�reld se ses planteryke: die Kaapse Blommeryk. Met 'n opervlakte van minder as 90 000 vierkante kilometer is dit die kleinste planteryk ter w�reld. Tog is dit die tuiste van 8 600 plantspesies, waarvan 5 000 n�rens elders voorkom nie. Fynbos is 'n vermenging van vier plantsoorte: protea-struike, heideagtige erikas, rietagtige restio's en 'n verskeidenheid bolplante. In die Kaapse Blommeryk groei 69 van die w�reld se 112 proteas, 526 van sy 740 erikas en onder sy bolplante word 96 van die w�reld se 160 gladiolusspesies aangetref. Op sy eie spog Tafeberg met byna 1 500 fynbosspesies. Met Fynbosfeetjies bring Antjie Krog en Fiona Moodie, wat albei gereeld op die hange van Tafelberg gaan stap, hulde aan een van die natuurwonders van die w�reld. Antjie, ge�nspireer deur Cicely Mary Barker se A World of Flower Fairies, het die bal aan die rol gesit deur verse te skryf oor verskillende blomplante wat deur minstens een denkbeeldige wesentjie bewoon word. Fiona het elke plant, insek en gediertetjie wat in hierdie boek afgebeeld is, nagevors. Die feetjies en ander droomwesentjies is haar eie skepings, maar die blomme, gogas en diertjies het sy by die natuur afgekyk en noukeurig nageteken.