In hierdie boek kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Christine Capendale het verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak, gesond is en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie.