Deidre se lewe is veilig, onder beheer. Sy het egter nie op Louw gebargain nie. Louw is een van dáárdie ouens. Waaghalsig. Windgat. Alles wat Deidre nie kan verdra nie. Maar sy besef gou hoe verkeerd sy was. Daar is iets aan hulle, die Branderjaers: vyf seuns in ’n hegte broederskap gesmee deur gedeelde pyn en skuld. Sý wil die een wees wat al Louw se geheime ontrafel. Want almal in Stormbaai het skuld. Bloedskuld. En die Branderjaers het 'n moerse prys om te betaal.