Hanna Bagiano – Sophie Lourens wat lesers in Die Lanterswaaier leer ken het se agterkleinkind – skryf haar proefskrif oor die genealogie van die Lourens-familie. Iets maak nie sin nie: Waarom sê Hanna se ouma Maryna Lourens dat Hanna nie ʼn Lourens is nie en hoekom het Maryna haar as kleinkind ontken en verwerp? Toe Hanna dagboeke van haar ouma Maryna en oumagrootjie Sophie begin lees kom spook die verlede by haar: langverborge geheime word onthul en Hanna kom te staan voor die Lourens-vloek wat van geslag tot geslag oorgedra word …