Skooluitgawe: Pad na jou hart - rolprent - Ivan Botha

Skooluitgawe: Pad na jou hart - rolprent

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 166.00
Sale price
R 166.00
Regular price
R 166.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Wanneer die aantreklike en selfvoldane Basson van Rensburg se pa sterf, aanvaar hy dat hy die baie suksesvolle familie-onderneming sal erf. Tot sy skok ontdek hy daar is voorwaardes. Hy het vyf dae om in die Kaap te kom en daar is ’n aantal take om tydens sy reis te voltooi.

Langs die pad wag ’n beeldskone, boheemse meisie. Amory gaan ook Kaapstad toe, maar is op ’n missie van haar eie. En sy het sekere vaste reëls, nes Basson. Nie een van hulle is ingestel op hartsake nie, maar wie weet wat wag op dié lang tog propvol avontuur en onthullings? Daar is gevaar ook, want wie is die motorfietsman wat so verbete agterna kom – en wat gebeur as hy hulle inhaal?

Kan liefde seëvier met soveel struikelblokke in sy pad?

Pad na jou hart – ’n rolprentdrama is gebaseer op die draaiboek en aangepas volgens die vereistes van die KABV vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Hierdie skooluitgawe is aangevul met
• ’n inleiding tot die rolprentdrama
• kontekstuele vrae, aktiwiteite en moontlike antwoorde
• woordverklarings van begrippe en ’n glossarium
• ’n konsepvraestel.