Die gebruikersvriendelike Best Books Taal- en leesoefenboek vir Graad 10 Eerste Addisionele Taal maak dit maklik en lekker vir leerders om taalbegrippe in te oefen en te hersien, en vir die eksamen voor te berei. Hierdie oefenboek bevat agt hoofstukke taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as konsepvraestelle om die grondslag vir sukses te lê. Elke hoofstuk bevat ’n begripstoets, wat op uittreksels uit die jongste jeugboeke gebaseer is, en ’n hersieningstoets. Met hierdie boek kan addisionele taal-leerders op álle vlakke die eksamen met sukses aanpak.
Hierdie oefenboek
• volg die KABV-kurrikulum en die Afrikaanse woordelys en spelreëls van 2017.
• bevat tweetalige taalopsommings, sowel as taaloefeninge om teoretiese kennis toe te pas.
• bevat ’n tweetalige woordelys om die leerder se woordeskat te verbreed.
• is gebruikersvriendelik en toeganklik.
• het oorgenoeg plek vir antwoorde.
• bevat konsep-eksamenvraestelle.
• is vir gebruik in die klaskamer of tuis.